Huisgenoot se kosredakteur, Carmen Niehaus, het altyd ’n varkfilet in haar yskas. Dis nie net bekostigbaar nie; jy kan ook met min moeite ’n heerlik geurige gereg voorsit. Hier wys Carmen vir ons hoe om varkfilet met sampioen-en-speksous voor te berei. Maak dit gerus wanneer jy weer kuiergaste het.

Sous:

  • Verhit die olyfolie en braai die spek, ui, sampioene en knoffel tot sag en gaar. 
  • Voeg die sjerrie en dan die room by en verhit tot die room verdik het.
  • Geur met die sout en peper. 

Steaks:

  • Vryf die steaks met ’n mengsel van die olyfolie en mosterd en geur met die sout en peper. 
  • Verhit ’n roosterpan tot rookwarm, en braai die gemarineerde steaks tot bruin buite en net gaar en nie meer pienk nie binne (oppas om die steaks oorgaar te maak, want dit sal uitdroog).

Vir voorsit:

  • Sit die steaks voor saam met die aartappelwiggies, geur met die sout en suurlemoenskil en suurlemoenwiggies as bykos en bedruip met die sampioensous.
  • Strooi ’n bietjie gekapte grasuie oor.