5 min
4 mense
10 min
Bestanddele
- Eiervrug
- 2 groot eiervrugte, in skywe gesny
- 65 ml olyfolie
- skil en sap van ’n suurlemoen
- 5 ml sumak-spesery
- 2 knoffelhuisies, fyn gekap
- Varknek
- 1 kg Eskort Varkneksteaks
- 15 ml olyfolie
- 5 ml growwe sout
- 15 ml fyn swartpeper
- Bottergebraaide brood en slaai
- 30 ml botter
- 8 snye korserige brood
- 1 bossie seldery
- ’n hand vol vars pietersielie
- Pikante klappersous
- 1 blik klapperroom
- 1 rooi brandrissie
- 5 ml paprika
- 5 ml sout en peper
Metode

#DieLekkerLewe-Varkneksteaks met eiervrugslaai word gegeur, pangebraai en in ’n bak met oondgebraaide eiervrugskywe, julienne-selderystokke en vars pietersielieblare gevoeg. Dan word ’n pikante klapperroomsous daaroor gegiet en dit word saam met bottergebraaide, korserige snye brood voorgesit.
Eiervrug
- Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Meng al die bestanddele in ’n groot mengbak en plaas die gemarineerde eiervrug op ’n bakplaat.
- Bak 10 min.
Varknek
- Bedruip die varkneksteaks met die olyfolie in ’n braaipan oor hoë hitte en geur met die sout en peper.
- Braai die steaks 5 min. weerskante en plaas eenkant.
Bottergebraaide brood en slaai
- Smelt die botter in ’n braaipan oor matige hitte, plaas die brood in die pan en braai tot bros en goudkleurig.
- Sny die selderystele in dun skywe, skeur die seldery- en pietersielieblare met jou hande en voeg by die selderystele in ’n bak.
- Voeg die gebakte eiervrugte by en meng sodat die sappe van die eiervrug die blare en seldery bedek.
Pikante klappersous
- Haal die varkneksteaks uit die pan en voeg in die eiervrugbak.
- Voeg die klapperroom, brandrissie, paprika en sout in die pan en roer goed sodat al die geure van die pan in die sous meng.
- Giet die sous oor die vleis en eiervrug en geniet saam met die braaibrood.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET