Dié heerlike broodjie met gesnyde varktjops en soet/sterk appelkooskonfyt sal jou hart én smaakknoppies wen.

  • Verwyder die vel van die tjops en sny die vleis van die been af.
  • Sny die vleis dun en hou eenkant.
  • Verhit olie in ’n kastrol oor hoë hitte en braai die ui tot bros.
  • Plaas die gebraaide ui op ’n kombuispapier om die olie te dreineer.
  • Botter en rooster die brood na smaak in ’n warm pan.
  • Bak eiers net aan een kant – of na smaak.
  • Meng die appelkooskonfyt en rissievlokkies in ’n klein bakkie.

Vir opdiening: 

  • Smeer die konfyt op die roosterbrood. 
  • Skep die eiers, gesnyde tjops en ui op die brood. 
  • Rond af met gras- of sprietuie.