Sappige varkworsfrikkadel gee aan dié maklike pitamaaltyd #DieLekkerLewe-geur.

  • Haal die varkworse uit die omhulsel en rol in frikkadelle. 
  • Voeg die olyfolie en botter in ’n pan oor matige hitte en braai die frikkadelle tot goudbruin.
  • Voeg die suurlemoensap en -skil by en verwyder van die hitte. 
  • Rooster die pitas en vul dit met groente en frikkadelle.

Vir voorsit:

  • Geur die pitas met die sout en peper en rond met die kruie af.
  • Sit voor saam met die jogurt.