Ek is dol oor ’n volledige Engelse ontbyt. My #DieLekkerlewe-weergawe het ’n ekstra skop om my liefde vir kerrie te bevredig.

  • Voorverhit die oond tot 150 °C, en plaas ’n oondkastrol in die oond om dit warm te hou.
  • Verhit ’n bietjie olie in ’n braaipan en braai die worse tot goudbruin.
  • Skep dit uit die pan in en in die oondkastrol in die oond om dit warm te hou. 
  • Braai die spekvleis in dieselfde pan tot amper bros.
  • Skep dit uit die pan en in die oondkastrol om dit warm te hou. 
  • Braai die gesnyde tamaties saam met ’n bietjie sout en peper in die pan tot net versag.
  • Skep dit uit die pan en voeg dit in die oondkastrol om dit warm te hou. 
  • Verhit ’n bietjie botter in ’n klein kastrol, voeg die sampioene in en geur met sout en peper, soteer tot versag, verwyder van die hitte, bedek met ’n deksel en sit eenkant.
  • Verhit ’n bietjie olie in ’n ander kastrol en braai die uie tot versag.
  • Voeg die kerriepoeier by en meng goed, braai 1-2 min. tot aromaties, voeg die sousbone by en roer tot gemeng. 
  • Kook die bone 4-5 min. op lae hitte tot geurig en deurwarm.
  • Verwyder van die hitte en sit eenkant.
  •  Verhit ’n bietjie botter in ’n skoon pan en braai die eiers volgens jou smaak. 
  • Sit die worse, spekvleis, eiers, sampioene, tamatie en bonse saam met warm roosterbrood voor.

Klik hier om vir jou gunsteling-worsie te stem en jy kan ’n Philips Airfryer en

R5 000 kontant weekliks wen!