15 min
4-6 mense
15 min
Bestanddele
- 200 g Eskort- swoerdlose streepspek
- 500 ml (2 k) broodmeel
- 375 ml (1½ k) vlytbier of sider
- 45 ml (3 e) pynappelblatjang
- 250 ml (1 k) mozzarellakaas
- Koskas-items
- 30 ml (2 e) olyfolie
- sout na smaak
Metode

Die soet en warm pynappelblatjang en loperige kaas op dié maklike pizza is ’n heerlike kombinasie wat in die koshemel gemaak is.
- Voorverhit die oond tot 200 °C
- Verhit ’n braaipan oor matige hitte en braai die spek in die olyfolie tot bros.
- Meng die meel, sider en ’n knippie sout in ’n groot bak. Knie tot sag.
- Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en plaas dit op ’n gesmeerde oondpan.
- Smeer die pynappelblatjang op die pizzabasis en plaas die mozzarella bo-op. Bak sowat 10 min. tot die kaas borrel.
Vir voorsit:
- Plaas die bros streepspek bo-op en sit voor saam met nog pynappelblatjang, indien verlang.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET