’n Sny suurdeegbrood bedek met bottergebraaide wilde sampioene, #DieLekkerLewe-versnipperde eisbein in ’n watertand boetiekbiersous en afgrond met ’n blerts suurroom. Garneer met die spriet- en grasuie. 

Eisbein

  • Verhit ’n groot kastrol water oor hoë hitte.
  • Voeg die eisbein in sy sak in en kook 60 min.

Boetiekbiersous

  • Braai die uie en knoffel in olyfolie in ’n middelslag-kastrol oor matige hitte tot gaar.
  • Voeg die mosterd, bier en molasse by en laat prut tot die sous met die helfte verminder het.
  • Versnipper die eisbein in stukke, voeg by die sous en verhit goed.

Sampioene

  • Verhit die botter en olyfolie in ’n kastrol oor hoë hitte.
  • Laat die botter borrel en begin verbruin.
  • Voeg die tiemie en heel sampioene by en braai tot die sampioene verbruin het.
  • Geur met die swartpeper.

Vir voorsit:

  • Bedek die brood met die sampioene en voeg die eisbein en sous by. 
  • Rond af met ’n skeppie suurroom en spriet- en grasuie.