Buenos dias! Vandag is my #DieLekkerlewe brandrissie con carne op die spyskaart, want ek kook vir familie en vriende en kry die fiesta aan die gang!

  • Kook die rys volgens die aanwysings op die verpakking. 
  • Verhit olyfolie in ’n pan en braai die worse tot verbruin en deurgaar.
  • Skep dit uit die pan, sny oorhoeks en sit eenkant. 
  • Voeg nog ’n bietjie olie in dieselfde pan indien nodig en voeg dan die ui en knoffel by en braai tot versag. 
  • Voeg die soetrissies by, meng deur en braai nog 2-3 min. tot die soetrissies begin versag.
  • Voeg die bone, gekapte tamaties en brandrissievlokkies by en meng deur. 
  • Laat prut 10 min. en geur algaande met sout en peper. 
  • Net voor jy dit voorsit, voeg die worse terug in die pan en meng met die tamatiemengsel. 
  • Sit warm voor saam met rys en ’n strooisel gerasperde cheddarkaas en vars Italiaanse pietersielie. 

Klik hier om vir jou gunsteling-worsie te stem en jy kan ’n Philips Airfryer en R5 000 kontant weekliks wen!