Pizza was in 2017 gewild. Beproef dié #DieLekkerLewe-wors-en-broccoli-platbrode en kom by! 

  • Voorverhit die oond tot 200 °C.
  • Bring ’n kastrol gesoute water tot kookpunt en voeg die broccoli by.
  • Kook 2 min., verwyder en dreineer die broccoli, en plaas eenkant. 
  • Sprei die naanbrode op ’n bakplaat uit. 
  • Bedek elkeen met ’n paar eetlepels tamatie-en-basilie-pastasous. 
  • Haal die worsvleis uit hul omhulsels, breek in stukke en verdeel gelykop tussen die naanbrode.
  • Bedek elke naanbrood met die broccoli-blommetjies en bestrooi met gerasperde mozzarellakaas, egalig tussen die 4 naanbrode verdeel. 
  • Bedruip elke naanbrood met ’n bietjie olyfolie en geur met die sout en peper.
  • Plaas in die oond en bak 10-15 min. tot die kaas gesmelt het en die worsvleis gaar is.
  • Sit warm voor saam met vars roketblare as garnering.