Ons #DieLekkerLewe eiergebraaide rys is ’n groot gunsteling. Dis baie eenvoudig en propvol geur!

  • Kook die rys volgens die aanwysings op die verpakking, verwyder van hitte sodra dit klaar is en laat staan eenkant. 
  • Verhit botter in ’n groot braaipan en voeg die ui daarby; soteer die uit tot sag. 
  • Voeg die gesnyde hoenderworsies by en meng, braai 2-3 min, voeg sojasous by en meng.
  • Voeg die geklitste eier by die ui en roer – gebruik ’n vurk om dit te roerbraai en geur met sout en peper. 
  • Sodra die eier gaar is, voeg die rys by en meng deur die uie en worsies.
  • Voeg nog botter by, indien nodig. 
  • Voeg sojasous, ertjies en mielies by en braai nog 5 min.
  • Sit warm voor en bestrooi met sprietuie.