Voorverhit die oond tot 200 °C.

  • Verhit die olie in ’n groot braaipan, voeg die ui en knoffel by en braai oor matige hitte tot net sag. Skep uit die pan en sit eenkant. 
  • Voeg die Russiese worsies in dieselfde pan en braai tot net gaar. Skep uit die pan en sit eenkant. Sny in skywe wanneer afgekoel. 
  • Voeg die aartappels in dieselfde pan en braai tot net sag. Verwyder van die hitte en plaas eenkant. 
  • Voeg die uiemengsel en Russiese worsies by die aartappels in die pan en meng. 
  • Klits die eiers en room saam en geur met die sout en peper.
  • Giet die eiermengsel oor die aartappel-en-Russiese-worsie-mengsel sodat dit egalig bedek is.
  • Druk die aartappels, Russiese worsies en uiemengsel met ’n lepel by die eiermengsel in.
  • Plaas die braaipan oor lae hitte en laat die eiermengsel kook tot amper geset (8 -10 min.)
  • Wanneer geset, haal die pan van die stoof af en plaas in die oond om heel gaar te raak tot die bokant goudbruin en die eiermengsel geset is (sowat 5-8 min.). 
  • Maak intussen die salsa deur die avokado, tamaties, brandrissie, suurlemoensap en koljander in ’n klein bak te meng. Geur met die sout en peper. 
  • Keer die frittata op ’n skoon werkoppervlak uit. Sny in wiggies en sit voor saam met avokadosalsa.