’n Smaaklike ontbyt soos dié is #DieLekkerLewe-manier om die dag te begin. 

  • Verhit die olyfolie in ’n braaipan en braai die varkworsies tot bruin en deurgaar.
  • Verwyder uit die pan en plaas eenkant om af te koel.
  • Wanneer dit afgekoel het, sny in die lengte middeldeur.
  • Braai die spekvleis in dieselfde pan tot bros, verwyder uit die pan en plaas eenkant.
  • Klits die eiers, melk, sout, peper en sprietuie saam in ’n bak.
  • Smelt ’n bietjie botter in ’n ander braaipan.
  • Giet sowat ’n kwart koppie (60 ml) van die eiermengsel in die pan en kantel om die bodem van die pan te bedek (dit moet soos ’n pannekoek lyk).
  • Braai die eier tot geset, verwyder uit die pan en plaas eenkant.
  • Hou aan tot die eiermengsel op is.
  • Plaas die eierpannekoeke plat op ’n plank en plaas ’n sny van die wors op die onderpunt van elkeen.
  • Bedek met ’n skyf (of twee!) spekvleis en rol styf op.
  • Sny die eierrolle in happiegrootte stukke en sit voor saam met die soetbrandrissiesous vir doop.