My #DieLekkerLewe-teetydbederf is ’n tradisionele kombinasie van wors en mosterd en ’n volmaakte kompetisiegereg.

  • Voorverhit die oond tot 200 °C.
  • Verhit die olie in ’n braaipan en braai die worse tot bruin en deurgaar.
  • Skep uit die pan, plaas eenkant om af te koel en sny skuins.
  • Rol die skilferkorsdeeg uit op ’n oppervlak wat met die meel bestrooi is.
  • Plaas die deeg in ’n bakplaat.
  • Los ’n ruimte van 1-2 cm. om die kante en verf die deeg met die sterk Engelse mosterd. 
  • Begin die ui en worse in lae op die mosterd pak. 
  • Bestrooi met die salie en geur liggies met die sout en peper.
  • Rol of knyp die kante van die deeg op om ’n rand te skep en verf die kante van die deeg met die geklitste eier. 
  • Bak 20-25 min. tot die deeg goudbruin is. 
  • Haal uit die oond, bedek met ’n bietjie vars roket en bedruip met olyfolie en balsemieke asyn. 
  • Sny in kwarte en sit warm voor.

Hierdie week is jou laaste kans om ‘n Philips TurboStar Airfryer en R5000 te wen!

Stem vir jou gunsteling hier: