15
4
40
Bestanddele
- 375 g Eskort Gold Medal-varkworsies
- 1 pakkie lasagnevelle
- 45 ml olyfolie
- 4 groot knoffelhuisies, fyngekap
- 2 blikkies gekapte tamaties
- 10 ml Italiaanse kruie
- sout en gemaalde swartpeper
- 60 g parmesaankaas, gerasper
- 200 g mozzarella, gerasper
- 150 g cheddarkaas, gerasper
- 30 g botter, gesmelt
- vars basiliekruid, in fyn repies gesny
Metode

Voorverhit oond tot 200 °C.
- Verhit ’n eetlepel olyfolie in ’n braaipan en braai die varkworsies tot goudkleurig.
- Verwyder worsies en sit eenkant.
- In dieselfde pan, braai die knoffel vir 3 min. en voeg dan die tamaties en Italiaanse kruie by.
- Sny die worsies in ronde skyfies en plaas weer in die pan saam met die knoffel en tamaties. Geur liggies met sout en peper en kook tot die sousgereduseer het (ongeveer 10 min.).
- Plaas ’n enkellaag lasagnevelle in ’n oondvaste bakskottel en bedek met ’n laag van die tamatie-en-worsie-sous.
- Sprinkel ’n derde van die parmesaan, mozzarella en cheddar oor.
- Herhaal die proses tot al die tamatie-en-worsie-sous opgebruik is.
- Rond af met ’n laag lasagnevelle. Borsel die velle met die gesmelte botter en bedek met ’n finale laag parmesaan, mozzarella en cheddarkaas.
- Bak die lasagne in die oond vir 20 min. tot die sous begin borrel en die kaas gesmelt is.
- Verhoog die oond se hitte tot 230 °C en bak vir ’n verdere 5-10 min. tot die kaas verbruin het.
- Sit warm voor met ’n sprinkel basiliekruid en ’n slaai van jou keuse as bygereg.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET