Vars worsrolletjies word gesny en in botter gebraai, met peperige roketblare gevul en met #DieLekkerLewe- gerookte Weense worsies en lae dungesnyde rooi-ui en diepgebraaide, gerasperde patat gevul. Skep ’n pikante jalapeño-mayonnaise daaroor voor dit voorgesit word. 

Worsbroodjies:

  • Braai die Weense worsies in die olyfolie in ’n braaipan oor hoë hitte tot goudbruin.
  • Smeer elke worsrolletjies met die botter en braai in die braaipan nadat jy die worsies uitgehaal het.
  • Verhit die sonneblomolie in ’n vlak kastrol oor matige hitte.
  • Diepbraai die gerasperde patat, plaas op kombuispapier om die olie te absorbeer en af te koel en geur met die sout.
  • Meng die mayonnaise en jalapeños.

Vir voorsit:

  • Plaas die roket en 1-2 Weense worsies op elke worsrolletjie en plaas die rooi-ui en patat bo-op.
  • Skep die jalapeño-mayonnaise bo-oor.