Twee klassieke kosblikhappies sorg vir ’n #DieLekkerLewe-worsrolletjie wat nog beter proe as wat dit lyk.

  • Worsrolletjie met gesmelte kaas
  • Voorverhit ’n braaipan oor matige hitte.
  • Sny die rolletjies oop en besmeer met die botter.
  • Sit die kaas op elke rolletjie en geur met die sout en peper.
  • Plaas die rolletjies met die oop kant na onder op die warm pan en braai tot die kaas gesmelt het. 
  • Haal die rolletjies uit die pan en laat staan eenkant.
  • Voeg die olyfolie in die pan en braai die Weense Worsies tot deurwarm.
  • Plaas die sprietuie, roket en agurkies op die rolletjies en voeg die worsies by. 

Soet mosterd-en-mayonnaise

  • Meng die mayonnaise, mosterd en esodringstroop in ’n klein bakkie en bedruip elke worsrol daarmee. 

Vir voorsit:

  • Draai die worsrolletjies in waspapier voor jy dit in die kosblik sit om die vulsel en sous in die rolletjie tot etenstyd te hou.

Ons worsrolletjies met gesmelte kaas met soet mosterd-mayonnaise lyk #DieLekkerLewe en proe nog beter. Worsrolle word met botter gesmeer, kaas word bygevoeg en dit word gerooster tot gesmelt, voeg daarby sprietuie, roket, agurkies en #DieLekkerLewe- pangebraaide Weense Worsies. Sit voor saam met soet mosterd-mayonnaise.