• Plaas die bessies en ment in ’n glas en druk effens fyn.
  • Vul die glas met die ys, giet die jenewer en suurlemoensap oor en drup die heuning oor. Roer effens.
  • Afronding: Garneer met nog bessies, ’n suurlemoenskyfie en ’n takkie spekboom.

Niealkoholiese fopdop

Laat die jenewer weg en voeg sterk rooibostee met ’n bessiegeur by saam met vonkelwater. 

WENK

Vul die drankie aan met kinawater, (tonic water) indien verkies.