Bestanddele
- gekapte ys
- 50 ml rum
- 25 ml (5 t) vars uitgedrukte lemmetjiesap
- 60 ml (¼ k) sterk groen rooibostee, gemaak met 2 sakkies (ment-en-vanieljegeur)
- 125 ml (½ k) gemmerbier
- AFRONDING
- dun skyfies vars gemmer
- jongbeet-en-wortelstingels
Metode

- Vul ’n glas met die ys, giet die rum, lemmetjiesap en rooibostee oor en voeg die gemmer-bier by.
- Afronding: Garneer met die skyfies gemmer en groentestingels.
Niealkoholiese fopdop
Laat die rum uit en gebruik meer rooibostee en gemmerbier.
WENK
Jy kan die glas vooraf ’n paar minute in die vrieskas verkoel – dit maak die drankie besonder koel en verkwikkend.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET