Bestanddele
- 6 dadels, grofgekap en in 60 ml (¼ k) kookwater geweek
- 2 piesangs, geskil
- 250 ml (1 k) gewone of klapperjogurt
- 15-30 ml (1-2 e) heuning
- 45 ml (3 e) gladde grondboontjiebotter
- 15 ml (1 e) lemoensap (opsioneel)
- ’n knippie sout
Metode

Plaas die dadels (met die vloeistof) en die piesangs in die bak van ’n voedselverwerker. Pols tot glad.
Plaas die res van die bestanddele in die voedselverwerker en pols tot glad en goed gemeng.
Verdeel tussen twee glase en sit voor.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET