Bestanddele
- 1 klein of ½ middelslagpapaja, geskil, pitte verwyder en in growwe blokke gesny
- sap en fyngerasperde skil van 1 lemoen
- 15 ml (1 e) suurlemoensap
- 60 ml (¼ k) pomelosap
- 15 ml (1 e) heuning
- 5 ml (1 t) fyn borrie of 10 ml (2 t) vars gerasperde borrie
- VIR AFRONDING
- lemoenskywe
Metode

Plaas die papaja in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot glad.
Plaas die res van die bestanddele in die voedselverwerker en pols tot glad en goed gemeng.
Vir afronding
Giet die smoothie in ’n glas en garneer met die lemoenskywe.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET