1. APPELPULP

Skil 1 pynappel en 10 cm vars gemmer en sny in stukke. Pols alles saam met 2 takkies ment (blaartjies van die stingel afgebreek) fyn met ’n staafmenger. Drink net so of vries en eet soos ’n granita. Die pulp kan ook in ’n lollievorm gevries word.

2.  GEMMERTEE

Skil 5 cm vars gemmer en 2 cm vars borrie en sny in skywe. Sit saam met 1 stokkie kaneel en 15 ml (1 e) heuning in ’n teepot. Voeg 30 ml (2 e) vars suurlemoensap by en bedek met kookwater. Laat staan 30 min. en drink soos nodig.

3.  GEMMERSOPIE

Skil 10-15 cm vars gemmer en sny in stukke. Plaas in die bak van ’n voedsel­verwerker en voeg 1 suurlemoen se sap by. Pols tot fyn en giet deur ’n sif. Druk die sap uit. Giet in ’n sopieglasie en sprinkel cayennepeper oor.