• Meng die water, suiker en gemmer in ’n kastrol en bring tot kookpunt.
  • Laat prut 2 min. terwyl jy goed roer tot die ­suiker opgelos het.
  • Verwyder van die hitte en voeg die tee by. Laat trek 30 min., giet deur ’n sif en laat ­afkoel. Roer die pulp by nadat die vloeistof afgekoel het.
Pienk limonade


LEWER SOWAT 2 L
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 5-8 min.

  • 125 ml (½ k) suiker
  • skil van 4 lemmetjies, in lang linte afgeskil
  • 1,25 L (5 x 250 ml) water
  • 500 ml (2 k) vars lemmetjiesap
  • 60 ml (¼ k) bosbessiesap
  • 1,25 ml (¼ t) sout

Meng die suiker, lemmetjieskil en ’n halwe koppie van die water in ’n kastrol. Bring tot kookpunt en laat prut tot die suiker opgelos het. Verwyder van die hitte.

Meng die oorblywende water, lemmetjiesap, bosbessiesap en sout in ’n groot beker. Verwyder die lemmetjieskille en voeg die stroop by die limonade. Roer goed.

Giet deur ’n fyn sif. Sit koud voor.

Mango-lassie

LEWER SOWAT 1,5 L
Bereiding: 10 min.

  • 4 groot mango’s, geskil, ontpit en in blokkies gesny
  • 250 ml (1 k) jogurt
  • 250 ml (1 k) lemoensap
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • suiker na smaak

Meng alles in ’n voedselverwerker. Verwerk tot glad. Sit koud voor.