Bestanddele
- 60 ml (¼ k) sonneblomsaad, gerooster
- 2 piesangs, geskil
- 15-30 ml (1-2 e) heuning
- 60 ml (¼ k) espresso of baie sterk koffie
- 125 ml (½ k) gewone jogurt
- 125 ml (½ k) melk
- 15 ml (1 e) kakao
- ’n knippie sout
Metode

Plaas die sonneblomsaad in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot fyngemaal.
Voeg die piesangs by en verwerk tot fyngekap.
Plaas die res van die bestanddele in die voedselverwerker en pols tot glad en goed gemeng. Verdeel tussen twee glase en sit voor.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET