• Skil 6 piesangs, sny in stukke en vries oornag.
  • Pols die piesangs saam met 4 perskes (geskil, ontpit en in blokkies gesny) en 1 mango (geskil, ontpit en in blokkies gesny) in die bak van ’n voedselverwerker tot glad. 
  • Voeg 60 ml (¼ k) rou hawermout, 125 ml (½ k) klappermelk en 5 ml (1 t) suurlemoensap by en pols tot glad.
  • Vir voorsit: Verdeel die smoothie tussen 4 diep bakkies. Strooi ekstra rou hawermout, ’n bietjie papawersaad en ’n paar rou pistachioneute oor. Pak nog ekstra vars vrugte op en sit dadelik voor.