Voorverhit die oond tot 160 °C. Hou ’n skoon glas-bottel byderhand.

  • Plaas die suiker, suurlemoensap en rooibostee saam in ’n diep kastrol. Bring tot kookpunt.
  • Verlaag die hitte en voeg die gemmer by. Laat die stroop 10-15 min. prut en verwyder van die hitte.
  • Plaas die glasbottel in die oond en verhit 10 min. Haal dit versigtig met ’n oondlappie uit en giet die warm stroop in die bottel. Seël goed en laat heeltemal afkoel.
  • Bêre die stroop tot twee maande in ’n koel, donker plek. Nadat jy die bottel oopgemaak het, kan dit tot 2 weke in die yskas gebêre word.