• Skil 6 piesangs, sny in stukke en vries oornag.
  • Pols die piesangs saam met 350 g bevrore bessies, 1 mango (geskil, ontpit en in stukke gesny) en ½ spanspek (geskil, ontpit en in blokkies gesny) in die bak van ’n voedselverwerker tot glad. 
  • Voeg 125 ml(½ k) klappermelk, 5 ml (1 t) suurlemoensap en 15 ml (1 e) vars gekapte ment (opsioneel) by en pols tot gemeng. 
  • Hou in die vrieskas.
  • Sprinkel: Meng 60 ml (¼ k) droë gojibessies (opsioneel), 30 ml (2 e) klapper en 30 ml (2 e) sonneblompitte goed.
  • Vir voorsit: Verdeel die smoothiemengsel tussen 4 diep bakkies en strooi van die sprinkel oor. Versier met vars vrugte en sit dadelik voor.