• Druk die basilieblare saam met die suiker in ’n vysel en stamper fyn.
  • Plaas die basiliesuiker saam met die jenewer, pomelosap en ys in ’n mengfles en skud goed.
  • Giet in ’n glas, voeg die pomelosegmente by en vul die glas met die sodawater, indien nodig.
  • Afronding Garneer met  die basilieblare.

Niealkoholiese fopdop

Laat die jenewer uit en vul die glas met ­sodawater. 

WENK

As jy nie ’n vysel en stamper het nie, kap net die basilie met ’n mes baie fyn voor jy dit met die ander bestanddele meng.