Bestanddele
- 30 ml (2 e) goji-bessies
- 6 sagte dadels, gekap
- 125 ml (½ k) sterk tee
- 30 ml (2 e) fyn amandels
- 5 ml (1 t) gerasperde vars gemmer
- 125 ml (½ k) appelsap
- 15-30 ml (1-2 e) suurlemoensap
- ’n knippie kaneel
- VIR AFRONDING
- 10 ml (2 t) chiasaad, in 30 ml (2 e) water geweek
Metode

- Plaas die goji-bessies en dadels in ’n bak en bedek met die tee. Week die dadels en bessies 30 min. of tot sag.
- Plaas die bessie-en-dadelmengsel saam met die res van die bestanddele in die bak van ’n voedselverwerker. Pols tot glad.
- Vir afronding: Giet die smoothie in ’n glas en bedek met die geweekte chiasaad.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET