• Skil 6 piesangs, sny in stukke en vries oornag. 
  • Pols die piesangs saam met 1 pynappel (geskil en in blokkies gesny), 1 mango (geskil, ontpit en in blokkies gesny) en ½ papaja (geskil en in blokkies gesny) in die bak van ’n voedselverwerker tot glad. 
  • Voeg 125 ml (½ k) klappermelk en 5 ml (1 t) suurlemoensap by.
  • Pols tot gemeng en verdeel tussen 4 bakkies. 
  • Pak ekstra vars vrugte bo-op en drup vars grenadellapulp oor.