• Sny die bokant van die waatlemoen af om ’n gladde oppervlak te skep. 
  • Begin die vlees met ’n groot lepel uitskep. Hou die uitgeskepte waat­lemoen in ’n groot bak eenkant.
  • Boor met ’n vrugteboor versigtig ’n gat van sowat 2-2,5 cm naby die onderkant van die waatlemoen. Maak seker dit gaan tot in die binnekant. 
  • Steek ’n plastiekkraantjie deur die gat aan die voorkant van die waatlemoen. Maak seker die pypie is dwarsdeur. Skroef die ingeslote moer stewig aan die binnekant aan die pypie vas.
  • Meng die waatlemoen en kruisement met ’n menger. Voeg die tequila en lemmetjiesap by en roer. Gooi die mengsel deur ’n sif in die waatlemoen terug. Plaas ysblokkies in ’n glas en skink met die kraan ’n verfrissende drankie. 

KYK: