• Verhit die suiker en water 30 sek. in die mikrogolfoond of tot die suiker gesmelt is.
  • Vul ’n glas met die bevrore waatlemoen­blokkies.
  • Voeg die rum of wodka en suikerwater by.
  • Druk ’n halwe suur­lemoen se sap daaroor uit, sny die res in skyfies en voeg by. Vul met die sodawater.
  • Afronding: Garneer met takkies ment en/of malvablomme.

Niealkoholiese fopdop

Los die rum uit, voeg sterk rooibostee (waatlemoengeur) by en vervang die sodawater met limonade.