Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer twee 20 cm-koekpanne en ­bestuif met meel.

  • Koek: Sif die meel, kakaopoeier, kitskoffie, koeksoda en bakpoeier saam. Voeg die klapper en fyn amandels by.
  • Plaas die res van die bestanddele in die bak van ’n voedselverwerker en puree tot glad.
  • Voeg die meelmengsel by en meng goed. Skep die beslag in die bereide bakpanne en maak die bokante gelyk.
  • Bak 40 min. of tot ’n toets­pen skoon uit die middel kom. Laat effens in die panne afkoel en keer dan op ’n draadrak uit om heeltemal af te koel. Sny dit dan in twee gelyke helftes.
  • Versiersel: Plaas die sjo­kolade in ’n glasbak en smelt dit ’n minuut in die mikrogolf terwyl jy dit elke 30 sek. roer. Hou nog ’n minuut aan met roer om dit effens te laat afkoel voor jy dit by die geklitste room invou. Plak die koeke met die sjokoladeroom op mekaar vas en sit vir sowat 30 min. in die yskas om styf te raak.
  • Maak die versiersel volgens die resep. Haal die koek uit die yskas, plaas op ’n koekbord en smeer die versiersel so glad moontlik oraloor die koek. Sit dit terug in die yskas.
  • Vir versiering: Rol die plastiekversiersel uit op ’n oppervlak wat liggies met mielieblom bestrooi is. Bedek die koek met die plastiekversiersel en stryk dit met ’n fondantspatel glad. Sny enige oortollige versiersel af. Kleur van die oorskietversiersel swart vir die pote en rooi vir die kraag.
  • Rol die swart versiersel uit, druk pootafdrukke daarin uit en versier die koek oral daarmee deur ’n bietjie water as gom te gebruik. Rol die rooi uit en sny ’n strook met ’n breedte van sowat 3-4 cm en ’n lengte van sowat 20 cm uit. Plaas dit om die voet van die koek. Vorm ’n halsband van die plastiekversiersel en verf dit met eetbare silwer verf. Plaas dit op die rooi halsband aan die voorkant van die koek. 
Basiese botterversiersel

Lewer genoeg om 1 standaardkoek mee te versier.

Bestanddele

  125 g botter, versag
  250 g versiersuiker, gesif
  15-25 ml (3-5 t) melk
  5 ml (1 t) vanieljegeursel

Metode

Verroom die botter tot glad. Voeg die versiersuiker geleidelik by en klits tot die mengsel lig en donsig is.

Voeg ’n bietjie melk by om die mengsel ’n dik, smeerbare tekstuur te gee.

Klits die geursel in.