1. Rooilensie-dosa met sjaksjoeka

Dosa is 'n soort platbrood uit Suid-Indië. Dit verskil van ander brode omdat dit van rys, lensies of bone gemaak word. Dosa word dikwels saam met ontbyt geëet.

Rooilensie-dosa met sjaksjoeka. Foto: Misha Jordaa
Rooilensie-dosa met sjaksjoeka. Foto: Misha Jordaan

2. Dombolo (gestoomde brood)

Dié tradisionele Suid-Afrikaanse brood is sag en heerlik saam met smoor, vis, braaivleis of bredies. Dit word nie in 'n oond gebak nie; dus is dit gerieflik wanneer jy sonder een is. 

Dombolo (gestoomde brood). Foto: Misha Jordaan
Dombolo (gestoomde brood). Foto: Misha Jordaan

3. Polentabrood

Polenta word algemeen in die Italiaanse kookkuns gebruik. Hier word dit met sonneblomsaad gemeng om 'n sagte en lugtige brood te skep. Dis heerlik in die somer as 'n ligte maaltyd.

Polentabrood. Foto: Misha Jordaan
Polentabrood. Foto: Misha Jordaan

4. Pampoen-en-okkerneutbrood

Dis 'n tipies Amerikaanse brood wat gewoonlik saam met vleise of kase of sommer net botter geëet word. Dis heerlik vir ontbyt.

Pampoen-en-okkerneutbrood. Foto: Misha Jordaan
Pampoen-en-okkerneutbrood. Foto: Misha Jordaan

5. Sodabrood

Dié digte brood word meestal in Ierland gebak, maar oral in Brittanje geëet. Dit word sonder suurdeeg gebak en nie geknie nie.

Sodabrood. Foto: Misha Jordaan
Sodabrood. Foto: Misha Jordaan
 
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.