1. SPOGGERIGE ONTBYTBESKUIT

Dié luukse beskuit is propvol ontbytheerlikheid, van semels tot klapperskaafsels en ontbytgraan – dit het alles wat jy nodig het om die dag mee te begin.  

Beskuit
Foto: Misha Jordaan

2. SUIKERVRYE GESONDHEIDS­BESKUIT

Dié beskuit bevat geen suiker nie en is boonop suiwel- en glutenvry. Ons voeg dadels, appel en heuning by vir soetigheid en gebruik klappermelk pleks van botter en eiers. 

Beskuit
Foto: Misha Jordaan

3. OPGETOOIDE KARRINGMELK­BESKUIT MET VIER VARIASIES

Karringmelkbeskuit is altyd ’n wenner. Ons deel ’n tradisionele resep, asook ons gunstelingmaniere om dié staatmaker aan te pas. Krap gerus in jou koskas en kikker die resep na hartelus op.

Hierdie grootmaat­resep kan gehalveer word, indien verkies.

Beskuit
Foto: Misha Jordaan

4. MALTABELLA-EN-MILO-BISCOTTI

Biscotti is ’n Italiaanse weergawe van ’n soet beskuit. Ons gee hierdie beskuitjies ’n Suid-Afrikaanse kinkel en geur dit met Maltabella en Milo.

Beskuit
Foto: Misha Jordaan

5. SAKPAS BESKUIT SONDER BOTTER 

Botter is deesdae ­peperduur. In dié ­resep span ons sonneblom­olie in pleks van botter.

Beskuit
Foto: Misha Jordaan

6. KOEKSISTER-BESKUIT MET ’N KINKEL

Beskuit kom in alle vorms en geure. Ons geur hierdie resep met die smake van koeksisters – kaneel, suurlemoenskil en selfs karamel! Jy kan die beskuitdeeg vleg en dan uitdroog, of selfs net bolletjies deeg rol en bak vir ’n meer tradisionele weergawe.

Beskuit
Foto: Misha Jordaan

7. MOEITELOSE SEMELBESKUIT

Vir dié beskuit het jy nie baie bestanddele nodig nie en jy kan dit boonop sonder moeite aanmekaarslaan. Als word in een bak saam gemeng, dan ­gebak en gedroog. 

Beskuit
Foto: Misha Jordaan
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe