1. KNOFFEL­BROODBOLLETJIEBROOD

Brood
Foto: Misha Jordaan

Dié broodjie het ek eenmaal gebak vir ’n braaipiekniek wat ons in die berg op die plaas gehou het. Draai die brood in die pan toe en pak dit so in. Plaas die kaas vir ’n paar minute in tinfoelie oor die kole en verhit tot gesmelt. Sit dan voor saam met die brood.  

2. ROSYNTJIEBROOD

Brood
Foto: Misha Jordaan

Bak die brood vir ’n verandering in klein ramekinbakkies en gee elkeen sy eie broodjie. Die vars druiwe en neute bo-op maak dit spesiaal.  

3. KEKERERTJIE-PLATBROOD

Brood
Foto: Misha Jordaan

Dié platbrood word afgerond met komyn­saadjies en bak binne 15 minute klaar. Voorgesit saam met hummus en ’n rosyntjie-olyfsalsa is dit heerlik vir vooraf peusel.

4. SAADBROOD 

Semelbrood
Foto: Misha Jordaan

Dié saadbrood bevat min koolhidrate en geen koringmeel nie, maar wel hawermout. Dis plat en kry ook geen rysmiddels in nie. Dis lekker saam met ’n avokado-maaskaassmeer.

5. MAKLIKE CIABATTA 

Brood
Foto: Misha Jordaan

Ciabatta is heerlik op ’n kaas-uitpakbord. Meng die deeg in ’n elektriese staanmenger of doen dit met die hand en ’n houtlepel. (Dis hoe ek dit altyd doen en dit werk goed.)

6. SODA-MELKBROOD

Brood
Foto: Misha Jordaan

’n Vinnige mengbroodjie net reg vir ontbyt.

7. SEMELBRUISMEEL-POTBROODJIE

Brood
Foto: Misha Jordaan

Die immergewilde bierbrood trek hier ’n Mediterreense baadjie aan met olywe, rooi-ui en kaas daarby ingemeng en maak ’n tog te mooi potbrood.

8. VOLGRAAN-ROERBROOD 

Brood
Foto: Misha Jordaan

Hierdie brood herinner my aan die gesondheidsbrood wat ons jare terug by ’n bekende braairestaurant op die slaaitafel gekry en absoluut verorber het. Dit word met gis en water gemaak, maar glad nie geknie nie. Lekker maklik.