Voer ’n klein oondbakkie (wat in die lugbraaier pas) met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

  • Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit.
  • Meng die konfyt, lemoen- en suurlemoen­skil goed.
  • Smeer die konfytmengsel oor die deeg – los ’n rand van 1 cm rondom die deeg sonder vulsel.
  • Sprinkel die neute eweredig oor die konfyt.
  • Verf die deeg liggies met die eier waar daar nie vulsel is nie.
  • Rol die deeg in die lengte op en knyp die nate stewig vas.
  • Sny die rol in 3 cm-rolletjies, sprinkel die suiker oor en pak in die bereide oondbakkie.
  • Bak 20-25 min. by 180 °C of tot bros en gaar.