Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 2 madeleine- of klein kolwyntjiepannetjies goed met kossproei.

Madeleines

  • Klits die ­eiers en suiker saam tot lig en romerig.
  • Voeg die olie, amasi en lemoenskil by en klits tot goed gemeng.
  • Meng die koekmeel, hawersemels en sout in ’n groot mengbak.
  • Maak ’n holte in die middel en giet die amasi-mengsel by.
  • Meng goed en skep in die bereide pannetjies.
  • Bak 15-20 min. of tot ligbruin en tot ’n toetspennetjie skoon uit die middel kom.
  • Keer die koekies op ’n draadrakkie uit.

Stroop

  • Plaas die lemoensap en heuning in ’n mikrogolfvaste beker en verhit 1 min.
  • Meng goed en drup die mengsel oor die koekies.
  • Laat heeltemal afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.

Afronding

  • Pak die madeleines op ’n groot bord en rond af met die klapper, lemoenskil en ekstra heuning, indien verkies.