Koesisters

  • Meng die meel, sout, speserye, nartjieskil, suiker en gis in ’n groot mengbak en maak ’n holte in die middel.
  • Klits die botter, melk en eier goed saam en giet in die holte.
  • Giet die helfte van die louwarm water by en meng met ’n vurk tot die deeg aan mekaar begin kleef.
  • Meng en giet nog water by soos nodig tot ’n lekker klewerige deeg vorm.
  • Keer die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en knie tot glad en elasties.
  • Maak ’n bal met die deeg, plaas in ’n bak, bedek en laat ’n uur op ’n warm plek rys of tot dubbel in grootte.
  • Knie die deeg liggies af en verdeel in gholfbalgroottebolletjies.
  • Pak op ’n skoon oppervlak, bedek en laat rys nog 30 min.
  • Drup ’n bietjie olie oor die bolletjies en smeer sodat die bolletjies heeltemal bedek is.
  • Pak die bolletjies in die mandjie van ’n lugbraaier en bak 15-20 min. by 180 °C of tot die bolletjies gaar is.

Stroop

  • Plaas intussen al die stroopbestanddele in ’n kastrol en verhit.
  • Roer aanhoudend tot al die suiker opgelos is.
  • Bring tot kookpunt en verwyder van die hitte.

Afronding

  • Sodra die bolletjies gaar is, dompel dit een-een in die stroop en rol dan in die klapper.
  • Laat afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.