Voorverhit die oond tot 180 °C en voer twee kolwyntjieplate met papierbakkies uit.

  • Klits die botter en suiker in ’n groot bak tot lig en donsig.Voeg die suurroom en vanieljegeursel by en meng goed.
  • Voeg die eierwitte een-een by. Meng elke keer goed. Roer die appelmoes by.
  • Meng die meel, bakpoeier en sout in ’n aparte bak en hou eenkant.
  • Voeg die droë bestanddele by die bottermengsel en meng goed.
  • Meng die kaneel en strooisuiker in ’n klein bakkie.
  • Skep van die beslag in die papierbakkies en strooi van die kaneelsuiker oor. Skep nog ’n bietjie beslag by en strooi nog ’n laag kaneelsuiker oor. Rond af met nog beslag sodat die voering sowat ¾ gevul is.
  • Bak 20-25 min. of tot ’n tandestokkie skoon uitkom. Haal uit die oond en laat op ’n koelrak afkoel.
  • Appelskywe Plaas die appelskywe op ’n bakplaat en bak 10 min. by 200 °C in die oond of tot bros en bruin. Verwyder uit die oond en laat afkoel. Plaas ’n paar skyfies op elke kolwyntjie en strooi van die kaneelsuiker oor. Versiersuiker is opsioneel.

Stilering: Carmen Niehaus

Foto's: Jacques Stander