Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

  • Uie: Verhit die olie in ’n pan en roerbraai die uie en tiemie 15 min. liggies of tot goudbruin en sag. Hou eenkant om af te koel.
  • Smeer: Plaas die spinasie in ’n mikrogolfvaste glasbak en plaas ’n bord bo-op. Mikrogolf 5 min. of tot die spinasie verwelk. Verwyder die bord en laat die spinasie effens afkoel.
  • Druk soveel moontlik van die vloeistof uit die spinasie en plaas in ’n mengbak. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Geur na smaak met die sout en vars gemaalde peper.
  • Tert: Rol die deeg liggies op ’n meelbestrooide oppervlak rofweg in ’n reghoek uit. Sny ’n 1 cm-strook van die deeg reg rondom af. Verf die rand van die deeg liggies met water en plak die stroke bo-op om ’n raam te vorm. Sny die stroke korter indien nodig. Verf die raam liggies met die eier.
  • Versprei die gebraaide uie in die raam van die tert. Skep die spinasie­mengsel bo-op en smeer oor die tert. Bak 15 min.
  • Haal uit die oond en pak die bete bo-op. Verf met heuning en bak nog 15 min.
  • Sprinkel die grondboontjies en kruie oor. Sny in blokke en sit voor.

Die resep vir dié spogtert is beslis ’n wenner.