Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

  • Filo: Verf ’n vel van die filodeeg met die botter. Plaas nog ’n vel deeg bo-op en verf weer met die botter. Plaas die laaste vel deeg bo-op en verf weer met die botter. Sprinkel die suiker oor die deeg.
  • Sny die deeg in reghoeke van 15 x 10 cm. Pak die deegblokke op die bereide bakplaat en bak 7-10 min. of tot goudbruin en bros. Haal die bakplaat uit die oond en laat heeltemal afkoel.
  • Vla: Hou 60 ml (¼ k) van die melk eenkant en giet die res in ’n kastrol.
  • Verhit die melk tot net onder kookpunt.
  • Meng die vlapoeier, mielieblom, suiker en orige melk goed. Giet die vlamengsel by die melk in die kastrol en verhit terwyl jy aanhoudend roer. Laat die mengsel prut tot dik.
  • Skep die vla in ’n spuitsak en plaas in die yskas om te verkoel.
  • Afronding: Plaas ’n deegblok op ’n bord en spuit van die vla bo-op. Pak ’n laag bessies bo-op die vla en sit nog ’n laag deeg bo-op.Smeer van die geklopte room oor en pak nog bessies bo-op. Plaas nog een laag deeg bo-op en sif die versiersuiker oor.Maak nog stapels met die res van die deeg, vla, room en bessies. Sit dadelik voor