Voorverhit die oond tot 220 °C.

  • Meng die meel, suiker, sout en gis in ’n groot bak of in ’n menger met die deeghaak.
  • Voeg ¾ van die water en 45 ml (3 e) olyfolie by en begin meng. As die deeg te styf is, kan jy nog water byvoeg. Hoe losser die deeg, hoe beter, maar jy moet dit kan hanteer.
  • Knie die deeg 10 min.  of tot dit terugbons wanneer jy dit druk.
  • Smeer ’n groot bak liggies met olie en druk die deeg in die bak. Bedek dit met ’n afdroogdoek en laat die deeg 2-3 uur by kamertemperatuur rys of tot dit dubbel in grootte is.
  • Smeer ’n 30 x 30 cm-­bakpan met 15 ml (1 e) olyfolie.
  • Sodra die deeg gerys en verdubbel het, plaas dit op die bereide bakplaat en strek dit uit sodat dit die onderkant van die bak bedek. Steek gaatjies rondom die oppervlak. Bedek en laat rys nog 30 min.
  • Versier jou focaccia met groente van jou keuse en bak 30 min. of tot goudbruin en uitgerys.

KosKaskenades is Dinsdae om 19:00 op SABC2.

KosKaskenades

Die TV-sjef Caro Alberts deel van haar gunstelingresepte uit haar kookreeks KosKaskenades.

“So maklik dog so indrukwekkend. Hierdie brood trek baie aandag en smaak heerlik. Jy kan op die internet na nog prettige ontwerpe soek.”