Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n groot oondbak met kossproei.

  • Pak die blomkool, suur­lemoene en knoffel eweredig in ’n oondbak.
  • Verhit die olie in ’n pan en braai die ui en knoffel tot sag. Sprinkel die ui en knoffel bo-oor die blomkoolmengsel.
  • Sous: Smelt die botter in ’n kastrolletjie en roer die meel by. Verlaag die hitte en giet die melk bietjies-bietjies by. Roer aanhoudend tot dik. Verwyder die sous van die hitte.
  • Roer die res van die bestanddele by die sous en geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak. Giet die sous oor die blomkoolmengsel.
  • Bedek die oondbak met tinfoelie en rooster 25 min. Haal die tinfoelie af en rooster nog 15 min. of tot goudbruin en gaar. 
  • Vir afronding: Sprinkel die pecorinoskaafsels bo-oor en sit voor saam met die suurlemoen­skyfies.