Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n groot bakplaat met ’n bietjie olyfolie.

  • Deeg: Meng die meel, gis, suiker, sout en kruie in ’n groot mengbak. Maak ’n holte in die middel van die meelmengsel.
  • Giet die olie en 125 ml (½ k) van die water in – meng met ’n vurk tot die deeg begin saamkleef. Giet nog water by soos nodig en meng tot ’n deeg vorm.
  • Keer die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en knie tot glad en elasties. Sit die deeg in ’n bak en bedek met ’n doek. Laat rys ’n uur op ’n warm plek of tot dubbel in grootte.
  • Vir afronding: Rol die deeg rofweg in die grootte van die bakplaat uit. Sit die deeg op die bakplaat. Druk liggies met jou vingers in die deeg sodat klein holtes vorm. Drup die olyfolie oor en laat staan nog 30 min.
  • Pak die kruie en groente op die brood in ’n prentjie van jou keuse. Sprinkel die sout oor en bak 30-40 min. of tot goudbruin en gaar.