Voorverhit die oond tot 170 °C. Voer 18-24 holtes van ’n paar muffinpanne uit met papierkoppies en bespuit met kossproei.

  • Plaas die botter en suiker in ’n mengbak en klits met ’n elektriese klitser tot lig en romerig.
  • Klits die vanieljegeursel by.
  • Sif die koekmeel, sout en bakpoeier by en klits tot net gemeng. Vou die bloubessies en suur­lemoenskil by die beslag in.
  • Maak die papierkoppies ¾ vol met die beslag. Sprinkel die bruinsuiker oor en bak 12-15 min. of tot uitgerys en gaar.
  • Haal die muffins uit die muffinpanne en pak op ’n draadrakkie om heeltemal af te koel.