Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit 'n groot bakplaat met kossproei of voer uit met bakpapier.

  • Sif die droë bestanddele drie keer saam en meng die suiker by. Vryf die botter in tot dit soos fyn broodkrummels lyk.
  • Vou die bessies en die skil liggies in.
  • Klits die jogurt, eier en geursel saam, sny by die meelmengsel in met 'n slaplemmes tot net gemeng en tot die mengsel net bymekaarkom. Moenie te veel meng nie.
  • Druk die deeg sowat 2,5 cm dik uit op 'n meelbestrooide oppervlak. Druk 12 skons uit met 'n koekiedrukker en pak op die bereide bakplaat. Sprinkel die geelsuiker ruimskoots oor elk.
  • Bak 20-25 min. of tot 'n toetspen skoon uitkom.
  • Vir voorsit: Meng die jogurt, bessies en suiker en sit voor saam met die louwarm skons. 
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe