Voorverhit die oond tot 160 °C. Smeer ’n poedingbak.

  • Kook die brame en appelwiggies saam oor matige hitte tot sag. Roer die suiker by.
  • Meng die eiergele en mielieblom in ’n mengbak tot ’n gladde pasta. Giet die melk by en roer goed.
  • Pak die skyfies mosbolletjies in die voorbereide bak. Smeer die gekookte braam-en-appelmengsel oor en giet die eiermengsel oor. Stip met die botterblokkies. Bak 30-35 min. tot gaar. Sit voor saam met vla of roomys.

Wenk

As jy nie ’n braambos het nie, vervang dit met moerbeie of bloubessies. Rosyntjiebrood is ’n goeie plaasvervanger vir die mosbolletjies – strooi dan ’n paar anyssaadjies oor.

Mosbolletjies

Lewer 1 broodpan met mosbolletjies

Bereiding: 30 min.
Rys: sowat 1 uur
Bak: 30 min.

  • 500 g witbrood- of koekmeel
  • 125 ml (½ k) suiker
  • 1 pakkie (10 g) kitsgis
  • 5 ml (1 t) sout
  • 25 ml (5 t) anyssaadjies
  • 100 g botter, gesmelt
  • 300 ml louwarm water of melk
  • ekstra gesmelte botter

Smeer ’n broodpan van ongeveer 22 x 9 x 6 cm.

Meng al die droë bestanddele in ’n groot mengbak. Voeg die botter by en meng genoeg water of melk by om ’n sagte deeg te vorm.

Knie goed tot die deeg glad en elasties is, sowat 10 min. Bedek die bak
en laat rys tot dubbel in volume, sowat 1 uur.

Verdeel die deeg in 8-12 stukke en rol in balletjies. Pak in die voorbereide pan. Laat weer rys tot die pan vol is.

Voorverhit intussen die oond tot 180 °C. Bak sowat 30 min. tot gaar en tot die kors mooi bruin is. Smeer die ekstra gesmelte botter oor.