Spuit 16 holtes van ’n muffinpan goed met kossproei.

  • Vulsel: Meng al die bestanddele en skep in ’n fles. Maak die fles goed toe en laat staan oornag op ’n koel plek. Meng die vulsel weer, maak die fles toe en laat staan 2-3 dae indien verkies.
  • Deeg: Sit die meel en suiker in die bak van ’n voedselverwerker. Pols ’n paar sekondes. Voeg die botterblokkies by 
    en pols tot die mengsel soos growwe broodkrummels lyk.
  • Voeg die eier by en pols tot die deeg begin saamkleef. Keer die deeg uit, vorm ’n bal en bedek met kleefplastiek. Verkoel minstens 30 min.
  • Voorverhit die oond tot 180 °C. Bestrooi ’n werkoppervlak liggies met meel en rol die deeg ongeveer 2 mm dik uit. Voer die muffinholtes uit met die deeg (hou genoeg oor vir die doppies). Prik die bodem van die tertjies met ’n vurk en verkoel nog 30 min.
  • Rol intussen die res van die deeg uit en druk sterre of ander patrone met koekiedrukkers uit die deeg – die vormpies moet knus bo-op die tertjies kan pas.
  • Vir afronding: Vul die doppies met die vulsel en sit een van die deegvormpies op elkeen. Verf die bokant met 
    die eiermengsel en bestrooi die tertjies met strooisuiker.
  • Bak 15-20 min of tot goudbruin en gaar. Laat heeltemal afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.