• Meng die driekwart­koppie meel, gis en louwarm water en laat rys 3 uur.
  • Sodra die deeg reg is, plaas jy dit in die bak van ’n elektriese menger wat met ’n deeghaak toegerus is; stel dit op ’n matige spoed.
  • Voeg die 4 koppies meel, sout en suiker by. Meng 5 min. en stel dan die mengerspoed een verstelling hoër en voeg die eiers een-een by.
  • Giet die gesmelte botter by, meng in en voeg die gerasperde kaas by.
  • Bedek die deeg en verkoel minstens 6 uur of hoogstens 4 dae in die yskas.
  • Voorverhit die oond tot 220°C en smeer drie muffinpanne met 12 holtes elk met olie.
  • Verdeel die deeg in gholfbalgrootte-balle, plaas in die voorbereide muffinpanne, bedek en laat rys sowat 15 min. tot dubbel die grootte. Bak 10 min., draai om en bak nog 10 min. tot goud