Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n swartpot met kossproei.

  • Breek die deeg in bolletjies so groot soos tafeltennisballetjies. Rol elkeen in ’n silindervorm van ongeveer 15 cm lank. Knoop elkeen.
  • Pak die deegknope teen die kante van die pot met ’n dun deeglagie op die bodem. Maak seker die middel van die bak is nie gevul nie. 
  • Meng die kase met die brandrissie, basilie en die helfte van die knoffel. Skep die mengsel in die middel van die bak. 
  • Smelt die botter en meng die orige knoffel en die pietersielie daarby. 
  • Laat rys die deegmengsel tot dubbel die volume.
  • Borsel die bottermengsel oor die hele brood en bak ongeveer 25 min. of tot die deeg hol klink as jy daarop klop. 
  • Breek of sny die brood in stukke en doop in die kaasmengsel.

Wenk

Bak so oor die kole: Plaas die pot op ’n staander oor matige kole. Plaas ook ’n paar kole op die deksel.